OM U VERBLYF TE MOKURU SO AANGENAAM MOONTLIK TE MAAK, NEEM ASB KENNIS VAN DIE VOLGENDE :
Ons onderneem om 'n aandete te bied aan gaste wat vér moes reis vir hul eerste aand by Mokuru. Indien u van hierdie diens gebruik wil maak, moet reëlings vooraf getref met Susan by mokuru@telkomsa.net of skakel haar op haar sel nommer 082 654 4686. Sy sal u voorsien met spyskaarte en pryse.
Neem flitsligte saam.
Die hoofkamp, chalets en bundukamp is ten volle toegerus met elektrisiteit. Gebruik asb die krag spaarsaam.
Neem genoeg ys saam, reeds in pakkies verpak. Die vriesgeriewe is voldoende. Koeldrank in blikkies of glasbottels verkoel makliker as in plastiekhouers.
Alle beddegoed word voorsien.
Onthou u is meer as welkom om 'n trapfiets saam te bring om die wildspaaie mee te verken. Ons laat egter nie motorfietse of privaat voertuie op die paaie toe nie. U kan met die Oordbestuur vooruit reël om 'n wildsbesigtings voertuig te huur.
U is welkom om u eie braaihout saam te neem. Uitstekende braaihout is beskikbaar
- Hardekool teen R17.00 (BTW uitgesluit) per sak en R28.25 per bondel,
- Sekelbos teen R13-00 (BTW uitgesluit) en
- Houtskool brikette teen R19.00 per sak (BTW uitgesluit).
Reël asb tydig daarvoor voor aankoms.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Ons skoonmakers sal die volgende take verrig om u verblyf so aangenaam moontlik te maak (werksure van 07h00 tot 16h00):
- beddens opmaak;
- badkamers, toilette en vloere skoonmaak;
- braaiareas skoonmaak.
Ons skoonmakers ook na-ure is beskikbaar teen 'n tarief van R25 per uur, maar reëlings daarvoor moet vooraf met die Oordbestuur getref word.
Hulle sal die volgende voorsien:
- toiletpapier
- handoekrolle
- spuitgoed mbt toilette en muskiete
- kerse indien nodig
|