• Welcome
  • Things to Do
  • Accommodation
  • Reservations
  • Mokuru's Magic

Mokuru beteken tortelduif in Tswana.  Dié naam omskryf gees van hierdie rustige stukkie Afrika bosveld.   Mokuru Wildsplaas is net een uur se ry vanaf Pretoria.   Dit is die ideale plek vir ‘n naweek wegbreekkans, ‘n rustige vakansie of selfs‘n klein konferensie....  


Daar is ‘n verskeidenheid van wild om te besigtig op die driehonderd hektaar eiendom.   Die wild sluit in:  sebras, blouwildebeeste, blesbokke, rooibokke, koedoes, waterbokke, rooihartebeeste, njalas en kameelperde.  


Ongeveer agtien kilometer paaie kronkel deur die bosveld en gaste kan wild besigtig vanuit ‘n  “bosvoertuig” of te voet. Daar is drie goed afgebakende en gemerkte wandelpaaie vir diegene wat te voet die wild en voëllewe wil besigtig. Watergate en ‘n groot natuurlike dam skep uistekende wildsbesigtigings geleenthede en bied ‘n breë verskeidenheid voëllewe.

 

 

Vir afwisselling kan gaste die gewilde Sun City (50 minute ver) besoek, by Vaalkopdam (40 minute se ry), by Roodekopjesdam (20 minute se ry) gaan visvang, of die dag by ander wildplase in die omgewing gaan deurbring.

 

 

Maar... hoekom ‘n afstand aflê as u eerder die dag in die rustigheid en natuurskoon van Mokuru  - Plek van die Tortelduif – kan deurbring